Taaldiskriminasie

Taaldiskriminasie is die onregmatige behandeling van 'n persoon bloot op grond van sy taalgebruik.

Hierdie taalgebruik waarteen gediskrimineer kan word, kan die individu se moedertaal wees, of dit kan ander eienskappe van sy spraak insluit, soos byvoorbeeld sy aksent, sinsbou of woordeskat (byvoorbeeld of die persoon 'n eenvoudige woordeskat het, of komplekse en variërende woorde gebruik). Daar kan ook teen 'n persoon gediskrimineer word as gevolg van sy vermoë of onvermoë om een taal in plaas van 'n ander te gebruik; byvoorbeeld, iemand wat Oksitaans in Frankryk praat sal waarskynlik anders behandel word as iemand wat Frans praat.[1] Op grond van 'n verskil in taalgebruik kan iemand outomaties oordele vorm oor 'n ander se welstand, opvoedkundige en sosiale status, karakter of ander eienskappe. Hierdie waargenome vooroordele kan dan na onregmatige behandeling van daardie persoon lei.

  1. The Legal Aid Society-Employment Law Center, & the ACLU Foundation of North California (2002).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search